Skip to content Skip to footer
Mon - Fri 9:00 - 17:00
813 Rubenstein Rylaan, Moreletapark, Pretoria
0 items - R0.00 0

Trauma Behandeling

By die Gesonde Self Sentrum bied ons traumabehandeling as ‘n ondersteuningsdienste vir individue wat deur trauma geraak is en op soek is na herstel. Traumabehandeling by die Gesonde Self Sentrum kan ‘n weg na groei en herstel bied. Dit kan ‘n geleentheid wees om die trauma te omskep in ‘n bron van innerlike krag en resiliensie.

HERONDEK JOUSELF
Deur middel van die terapeutiese proses kan jy jouself herontdek, jou eie veerkragtigheid ontwikkel en ‘n nuwe gevoel van doel en betekenis in jou lewe vind. Gesonde Self maak gebruik van verskillende terapeutiese tegnieke en benaderings om jou te help om die pynlike herinneringe, emosies en uitwerking van die trauma te verwerk. Dit kan lei tot ‘n verminderde emosionele las en ‘n herwinning van persoonlike krag.